1. EachPod

VivA Afrikaans-reeks: AWS (2017) - Podcast

VivA Afrikaans-reeks: AWS (2017)

Die eeufeesuitgawe van die Afrikaanse woordelys en spelreëls (AWS) is op 3 Augustus 2017 amptelik bekendgestel.
In hierdie podsendingreeks van 27 episodes word die elfde uitgawe van die AWS in detail bespreek deur verskillende lede van die Taalkommissie van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns. In die eerste twee episodes word 'n algemene oorsig oor die AWS gegee; daarna word elk van die dele van die AWS in afsonderlike episodes bespreek. Die reeks word afgesluit met 'n vooruitskouende besinning oor die toekoms van standaardtaal en die AWS.

Language Learning Education
Update frequency
every 6 days
Average duration
17 minutes
Episodes
31
Years Active
2017 - 2018
Share to:
31. Die toekoms van standaardtaal en die AWS

31. Die toekoms van standaardtaal en die AWS

In dié slotaflewering van VivA se podsendingreeks oor die 11de uitgawe van die Afrikaanse Woordelys en Spelreëls gesels die nuutverkose ondervoorsitter, Suléne Pilon, met die Taalkommissievoorsitter,…
00:26:30  |   Fri 22 Jun 2018
30. Bylae H & I: Omgangsafrikaans en Terminologielys

30. Bylae H & I: Omgangsafrikaans en Terminologielys

Episode 30. Bylae H & I: Omgangsafrikaans en Terminologielys (Jana Luther en Frank Hendricks). Die AWS is grotendeels beperk tot hedendaagse, geskrewe Standaardafrikaans en bereël die skryfwyse daarv…
00:15:03  |   Wed 30 May 2018
29. Bylae: SI-stelsel: Gebruiksriglyne

29. Bylae: SI-stelsel: Gebruiksriglyne

Episode 29: Bylae: SI-stelsel: Gebruiksriglyne (Jana Luther en Frikkie Lombard). Hierdie episode van die reeks oor die Afrikaanse woordelys en spelreëls (2017) bied ’n oorsig oor die meeteenhede van …
00:09:27  |   Tue 29 May 2018
28. Bylae: Lys elemente in die periodieke tabel

28. Bylae: Lys elemente in die periodieke tabel

Episode 28: Bylae: Lys elemente in die periodieke tabel (Jana Luther en Frikkie Lombard). Hierdie episode in die reeks oor die Afrikaanse woordelys en spelreëls (2017) bied ’n kort samevatting van di…
00:03:13  |   Tue 29 May 2018
27. Bylaes: Buitelandse sake

27. Bylaes: Buitelandse sake

Episode 27: Bylaes: Buitelandse sake (Gerhard van Huyssteen en Suléne Pilon). Die bylae oor transliterasie en die ene oor buitelandse geografiese eiename met hulle afleidings, is ou bekendes in die A…
00:14:07  |   Mon 28 May 2018
26. Bylae A: Lys afkortings en simbole

26. Bylae A: Lys afkortings en simbole

Episode 26: Bylae A: Lys afkortings en simbole (Jana Luther en Phillip Louw). Hoe gemaak met afkortings in Afrikaans? Die beginsels en reëls vir die vorming van afkortings is in hoofstuk 3 van die Sp…
00:09:07  |   Sun 27 May 2018
25. Woordelys

25. Woordelys

Episode 25: Woordelys (Gerhard van Huyssteen en Suléne Pilon). In die 25ste episode van hierdie reeks oor die Afrikaanse woordelys en spelreëls (2017) word die woordelysgedeelte bespreek. Ons praat k…
00:46:34  |   Sun 27 May 2018
24. Hoofstuk 20: Woorde van vreemde herkoms

24. Hoofstuk 20: Woorde van vreemde herkoms

Hoofstuk 20: Woorde van vreemde herkoms (Gerhard van Huyssteen en Marné Pienaar). Soos wat in alle ander tale gebeur, gaan leen Afrikaanse mense ook dikwels woorde by ander tale. Maar hoe gemaak met …
00:10:06  |   Thu 22 Mar 2018
23. Hoofstuk 19: Wisseling en subkategorieë

23. Hoofstuk 19: Wisseling en subkategorieë

Episode 23. Hoofstuk 19: Wisseling en subkategorieë (Gerhard van Huyssteen en Jana Luther). Sommige mense raak ongedurig omdat die Taalkommissie wisselvorme vir sommige woorde in die AWS aanbied, ter…
00:17:45  |   Sat 03 Mar 2018
22. Hoofstuk 18: Vokale

22. Hoofstuk 18: Vokale

Episode 22. Hoofstuk 18: Vokale (Jana Luther en Frikkie Lombard). ’n Opsomming van die faktore wat die weergawe van Afrikaanse vokale (klinkers) in skrif beïnvloed: oop en geslote lettergrepe, klem, …
00:19:20  |   Sat 03 Mar 2018
21. Hoofstuk 17: Verkleiningsvorme

21. Hoofstuk 17: Verkleiningsvorme

Episode 21. Hoofstuk 17: Verkleiningsvorme (Gerhard van Huyssteen en Suléne Pilon). Daar is basies sewe agtervoegsels/suffikse wat in die Afrikaanse verkleiningskonstruksie gebruik word: -ie; -jie; -…
00:06:17  |   Sat 24 Feb 2018
20. Hoofstuk 16: Trappe van vergelyking

20. Hoofstuk 16: Trappe van vergelyking

Episode 20: Hoofstuk 16: Trappe van vergelyking (Gerhard van Huyssteen en Suléne Pilon). Vir die eerste keer in die geskiedenis van die Afrikaanse woordelys en spelreëls (AWS) is daar in die 2017-uit…
00:08:21  |   Sun 04 Feb 2018
19. Hoofstuk 15: Skryfwyse - los en vas

19. Hoofstuk 15: Skryfwyse - los en vas

Episode 19: Hoofstuk 15: Skryfwyse - los en vas (Gerhard van Huyssteen en Suléne Pilon). In die negentiende episode van hierdie reeks oor die Afrikaanse woordelys en spelreëls (2017) word een van die…
00:36:19  |   Fri 26 Jan 2018
18. Hoofstuk 14: Meervoude

18. Hoofstuk 14: Meervoude

Episode 18: Hoofstuk 14: Meervoude (Gerhard van Huyssteen en Suléne Pilon). Van die belangrikste inligting wat in woordeboeke opgeneem word, is hoe meervoude in Afrikaans gevorm word. Daar word daaro…
00:24:01  |   Mon 22 Jan 2018
17. Hoofstuk 13: Leestekens

17. Hoofstuk 13: Leestekens

Episode 17: Hoofstuk 13: Leestekens (Gerhard van Huyssteen en Sophia Kapp). In hierdie episode van VivA se reeks oor die Afrikaanse woordelys en spelreëls (2017) word een van die twee nuwe hoofstukke…
00:54:04  |   Mon 22 Jan 2018
16. Hoofstuk 12: Koppelteken

16. Hoofstuk 12: Koppelteken

Episode 16: Hoofstuk 12: Koppelteken (Suléne Pilon en Gerhard van Huyssteen). In hierdie episode van VivA se reeks oor die Afrikaanse woordelys en spelreëls (2017) word die koppelteken onder die loep…
00:13:10  |   Mon 22 Jan 2018
15. Hoofstuk 11: Konsonante

15. Hoofstuk 11: Konsonante

Episode 15: Hoofstuk 11: Konsonante (Jana Luther en Frikkie Lombard). Hierdie episode van die reeks oor die Afrikaanse woordelys en spelreëls (2017) bied ’n oorsig oor die verdubbeling al dan nie van…
00:26:23  |   Tue 02 Jan 2018
14. Hoofstuk 10: Kappie

14. Hoofstuk 10: Kappie

Episode 14: Hoofstuk 10: Kappie (Gerhard van Huyssteen en Marné Pienaar). Die hoofstuk oor die kappie is die tweede kortste hoofstuk in die Afrikaanse woordelys en spelreëls (2017). As jy al gewonder…
00:05:06  |   Wed 20 Dec 2017
13. Hoofstuk 9: Hoof- en kleinletters

13. Hoofstuk 9: Hoof- en kleinletters

Episode 13: Hoofstuk 9: Hoof- en kleinletters (Gerhard van Huyssteen en Suléne Pilon). Die keuse tussen hoof- en kleinletters lyk dalk soms bedrieglik maklik, maar dit is eintlik 'n skryfkwessie met …
00:27:25  |   Tue 19 Dec 2017
12. Hoofstuk 8: Gravisteken

12. Hoofstuk 8: Gravisteken

Episode 12: Hoofstuk 8: Gravisteken (Gerhard van Huyssteen en Marné Pienaar). In die agtste episode van hierdie reeks oor die Afrikaanse woordelys en spelreëls (2017) word die gravisteken bespreek. H…
00:04:52  |   Sun 03 Dec 2017
Disclaimer: The podcast and artwork embedded on this page are the property of Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA). This content is not affiliated with or endorsed by eachpod.com.