1. EachPod

Die nagapies hou jou dop...

Author
Constant van Graan
Published
Sun 01 Jun 2025
Episode Link
None

Daar is iets vreemds aan Kebospark - dis nie die eienaardige inwoners nie, ook nie die geheimsinnige, stom oom wat in die hoek van die park woon nie. Dis die nagapies wat Kruhan bekruip én die stem wat hy by die strandmeer se riete hoor...

Kom deel in die 12-jarige Kruhan Malherbe se avonture in Kebospark - 'n anderste vakansieplek wat belowe om hom vir altyd te verander.

Constant van Graan gesels oor sy nuwe boek in hierdie episode en lees kort uittreksels van Kruhan, Wijkie en die eksentrieke Mevrou Gorecki!

Share to: