Deel 2: "Wat's fout in SA? My opinie na 'n maand se kuier tot mid-Desember 2019. Ek was geskok oor die agteruitgang in die land. Dalk omdat ek 4 jaar laas daar gekuier het. Ek het gewoond geraak aan die lewenskwaliteit in Kanada met dae vol vrede en veiligheid. Hier is 1e wêreld luukses -- goeie paaie, streng wette, skoon stede, goeie lugkwaliteit, skoon water, goeie skole, alles werk, die ekonomie is stabiel en daar is 'n rustigheid wat heel afwesig is in SA. Hierdie is my opinie en ek maak hierdie klankopnames om mense (wat dit oorweeg om te immigreer) te help. Vergewe my eerlikheid.