1. EachPod
EachPod

Guatemala 1. Mary Poppins bly in Guatemala. Ek het haar gesien.

Author
Audrey Nolte Painter
Published
Sat 26 Oct 2024
Episode Link
None

Send us a text

Mary Poppins bly in Guatemala en sy dra baldadige oranje kouse. Soggens sit sy op die geel kerk se trappe en voer die duiwe. Saans, sing sy by die fontein. Voor die kerk, maak sy die mooiste foto, want sy dra 'n indigo kleur hemp en die duiwe raam haar. In die nag, sing sy liefdesliedjies. Guatemala is 'n komplekse land met vulkane, aardbewings, onbegaanbare paaie, dwelm handel en erge geweld teen vroue. Dis hoekom Mary Poppins daar bly. Ek het haar gesien, regtig-egtig, en sy doen allerhande "Mary Poppins" tipe goeters. Sy steek net haar opstyg-sambreel weg...

Support the show

Share to: