Ek was in Burma. Dis die wonderlikste plek - 'n toeris se droom. Maar, dis 'n komplekse land. Hier in Kanada, gee ek Engels vir vlugtelinge uit Burma. O, wee. Wat 'n onmoontlike taak. Ek staan naderhand op 'n tafel en skoolhou. As iemand iets reg kan uitspreek, dan doen ek wat wat hulle vra. Dadelik. Dit word 'n wonderlike les. Iemand sê dans ... toe tiekiedraai ek van dankbaarheid.