1. EachPod

Ep.93 (29.11.23) - (Afr.) - Liefdeloosheid

Author
tiaan gildenhuys
Published
Wed 29 Nov 2023
Episode Link
None

Addergeslag, hoe kan julle goeie dinge praat terwyl julle sleg is? Want uit die oorvloed van die hart praat die mond.
(Matt. 12:34)

Wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle is net soos gewitte grafte wat van buite wel fraai lyk, maar van binne vol doodsbene en allerhande onreinheid is. So lyk julle ook van buite vir die mense wel regverdig, maar van binne is julle vol geveinsdheid en ongeregtigheid.
(Matt. 23:27-28)

Slange, addergeslag, hoe sal julle die oordeel van die hel ontvlug?
(Matt. 23:33)

Wee julle, Fariseërs, want julle hou van die voorste banke in die sinagoges en die begroetinge op die markte. Wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle is soos grafte wat onherkenbaar is, en die mense wat daaroor loop, weet dit nie. Toe antwoord een van die wetgeleerdes en sê vir Hom: Meester, as U só spreek, beledig U ons ook. En Hy sê: Wee julle ook, wetgeleerdes, want julle lê laste op die mense wat swaar is om te dra, en self roer julle die laste nie met een van julle vingers aan nie.
(Luk. 11:43-46)

Share to: