1. EachPod

Ep.91 - (Afr.) - Ons geloof oorwin die wêreld

Author
tiaan gildenhuys
Published
Wed 24 Nov 2021
Episode Link
None

Elkeen wat glo dat Jesus die Christus is, is uit God gebore; en elkeen wat die Vader liefhet, het ook die een lief wat uit Hom gebore is. Hieraan weet ons dat ons die kinders van God liefhet: wanneer ons God liefhet en sy gebooie bewaar. Want dit is die liefde tot God, dat ons sy gebooie bewaar; en sy gebooie is nie swaar nie. Want alles wat uit God gebore is, oorwin die wêreld; en dit is die oorwinning wat die wêreld oorwin het, naamlik ons geloof. Wie anders is dit wat die wêreld oorwin as hy wat glo dat Jesus die Seun van God is?
(1Jn 5:1-5)

As julle My liefhet, bewaar my gebooie.
(Joh 14:15)

Want hierdie gebod wat ek jou vandag beveel, is vir jou nie te swaar nie en is nie ver nie... Maar baie naby jou is die woord, in jou mond en in jou hart, om dit te doen.
(Deu 30:11 + 14)

Share to: