1. EachPod

Ep.89 (15.11.23) - (Afr.) - Is ons nog vleeslik?

Author
tiaan gildenhuys
Published
Wed 15 Nov 2023
Episode Link
None

En ek, broeders, kon met julle nie spreek soos met geestelike mense nie, maar soos met vleeslike, soos met klein kinders in Christus. Ek het julle met melk gevoed, nie met vaste spys nie, want julle was nog nie daartoe in staat nie, en julle is nou nog nie daartoe in staat nie, omdat julle nog vleeslik is; want aangesien daar onder julle jaloersheid en twis en tweedrag is, is julle nie vleeslik nie en wandel julle nie na die mens nie? Want as die een sê: Ek is van Paulus; en die ander: Ek van Apollos—is julle nie vleeslik nie? Wie is Paulus dan, en wie Apollos anders as dienaars deur wie julle gelowig geword het? En dit soos die Here aan elkeen gegee het. Ek het geplant, Apollos het natgemaak, maar God het laat groei.
(1 Kor. 3:1-6)

Share to: