Ek wil die HERE loof met my hele hart; ek wil al u wonders vertel. In U wil ek bly wees en juig; ek wil psalmsing tot eer van u Naam, o Allerhoogste, omdat my vyande agteruitwyk, struikel en omkom van voor u aangesig. Want U het my reg en my regsaak behandel; U het gaan sit op die troon, o regverdige regter! U het die heidene gedreig, die goddelose laat omkom, hulle naam uitgedelg vir ewig en altyd. Die vyande het omgekom—puinhope vir ewig; ook die stede wat U verwoes het; hulle gedagtenis, ja, dié het vergaan. Maar die HERE sit vir ewig; Hy het sy troon reggesit vir die oordeel. En Hy self sal die wêreld oordeel in geregtigheid en die volke vonnis met reg.
(Ps. 9:2-9)