Ek is die deur; as iemand deur My ingaan, sal hy gered word, en hy sal ingaan en uitgaan en weiding vind. Die dief kom net om te steel en te slag en te verwoes. Ek het gekom, dat hulle lewe en oorvloed kan hê. Ek is die goeie herder. Die goeie herder lê sy lewe af vir die skape. Maar die huurling en hy wat nie ‘n herder is nie, van wie die skape nie die eiendom is nie, sien die wolf kom en laat die skape staan en vlug, en die wolf vang hulle en jaag die skape uitmekaar. En die huurling vlug, omdat hy ‘n huurling is en niks vir die skape omgee nie. Ek is die goeie herder, en Ek ken my eie en word deur my eie geken.
(Joh 10:9-14)
Jesus antwoord hom: Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie.
(Joh 14:6)
‘n Psalm van Dawid. Die HERE is my herder; niks sal my ontbreek nie.
(Ps. 23:1)