Psa 18:2 En hy het gesê: Ek het U hartlik lief, HERE, my sterkte.
Psa 18:3 Die HERE is my rots en my bergvesting en my redder; my God, my rots by wie ek skuil; my skild en die horing van my heil, my rotsvesting.
Psa 18:4 Ek roep die HERE aan wat lofwaardig is, en van my vyande word ek verlos.
Psa 18:5 Bande van die dood het my omring, en strome van onheil het my oorval.
Psa 18:6 Bande van die doderyk was rondom my; strikke van die dood het my teëgekom.
Psa 18:7 Toe ek benoud was, het ek die HERE aangeroep, en ek het tot my God geroep om hulp; Hy het my stem uit sy paleis gehoor, en my hulpgeroep voor sy aangesig het in sy ore gekom.