Die HERE is my deel; ek het gesê dat ek u woorde sal bewaar. Ek het U van ganser harte om genade gesmeek; wees my genadig volgens u belofte. Ek het my weë oordink en my voete laat teruggaan na u getuienisse. Ek het my gehaas, en nie getalm nie, om u gebooie te onderhou. Die strikke van die goddelose het my omring; u wet het ek nie vergeet nie. Middernag staan ek op om U te loof vir u regverdige verordeninge. Ek is ‘n metgesel van almal wat U vrees, en van die wat u bevele onderhou. HERE, die aarde is vol van u goedertierenheid; leer my u insettinge.
(Ps. 119:57-64)