Psa 19:8 Die wet van die HERE is volmaak: dit verkwik die siel; die getuienis van die HERE is gewis: dit gee wysheid aan die eenvoudige.
Psa 19:9 Die bevele van die HERE is reg: hulle verbly die hart; die gebod van die HERE is suiwer: dit verlig die oë.
Psa 19:10 Die vrees van die HERE is rein: dit bestaan tot in ewigheid; die verordeninge van die HERE is waarheid—tesame is hulle regverdig.
Psa 19:11 Hulle is begeerliker as goud, ja, as baie fyn goud; en soeter as heuning en heuningstroop.
Psa 19:12 Ook word u kneg daardeur gewaarsku; in die onderhouding daarvan is groot loon.