Jy mag die meerderheid nie volg in verkeerde dinge nie.
(Eks.23:2)
Verder het Jósafat aan die koning van Israel gesê: Raadpleeg tog eers die woord van die HERE. Toe laat die koning van Israel die profete bymekaarkom, omtrent vier honderd man, en hy sê aan hulle: Sal ek teen Ramot in Gílead trek om te veg of dit laat staan? En hulle antwoord: Trek op, en die HERE sal dit in die hand van die koning gee. Maar Jósafat sê: Is hier nie nog ‘n profeet van die HERE, dat ons deur hom kan raadpleeg nie? En die koning van Israel antwoord Jósafat: Daar is nog een man om deur hom die HERE te raadpleeg; maar ék haat hom, omdat hy oor my niks goeds profeteer nie, maar onheil: Miga, die seun van Jimla. En Jósafat sê: Die koning moet nie so spreek nie! Daarop roep die koning van Israel ‘n hofdienaar en sê: Gaan haal Miga gou, die seun van Jimla.
(1 Kon. 22:5-9)