Neig u oor tot my, red my gou; wees vir my ‘n rots om in te vlug, ‘n baie vaste huis om my te verlos. Want U is my rots en my bergvesting; en om u Naam ontwil sal U my lei en my bestuur. U sal my laat uitgaan uit die net wat hulle vir my gespan het, want U is my toevlug.
(Ps. 31:3-5)
Want almal wat deur die Gees van God gelei word, dié is kinders van God.
(Rom. 8:14)