Heb 10:35 Werp dan julle vrymoedigheid, wat ‘n groot beloning het, nie weg nie.
Heb 10:36 Want julle het lydsaamheid nodig, om, nadat julle die wil van God gedoen het, die belofte te verkry.
Heb 10:37 Want nog ‘n klein tydjie, en Hy wat kom, sal kom en nie versuim nie.
Heb 10:38 Maar die regverdige sal uit die geloof lewe; en as hy hom onttrek, het my siel geen welbehae in hom nie.
Heb 10:39 Maar by ons is daar geen onttrekking tot verderf nie, maar geloof tot behoud van die lewe.