1. EachPod

Ep.34 - (Afr.) - HERE, leer my...

Author
tiaan gildenhuys
Published
Sun 09 May 2021
Episode Link
None

Psa 119:33  He. HERE, leer my die weg van u insettinge, sodat ek dit tot die einde toe kan bewaar. 
Psa 119:34  Gee my verstand, dat ek u wet kan bewaar, ja, dit kan onderhou van ganser harte. 
Psa 119:35  Laat my wandel op die pad van u gebooie, want daarin het ek ‘n behae. 
Psa 119:36  Neig my hart tot u getuienisse en nie tot winsbejag nie. 
Psa 119:37  Wend my oë af, dat hulle geen nietigheid sien nie; maak my lewend in u weë. 
Psa 119:38  Vervul aan u kneg u belofte wat pas by u vrees. 
Psa 119:39  Wend my smaadheid af wat ek vrees, want u verordeninge is goed. 
Psa 119:40  Gewis, ek het ‘n begeerte tot u bevele; maak my lewend deur u geregtigheid. 

Share to: