1. EachPod

Ep.33 - (Afr.) - Wat doen ons met ons tonge?

Author
tiaan gildenhuys
Published
Wed 04 May 2022
Episode Link
None

Dood en lewe is in die mag van die tong; en elkeen wat dit graag gebruik, sal die vrug daarvan eet.
(Spr 18:21)

En die volgende dag, onderwyl hulle uit Betánië gaan, het Hy honger gehad; en toe Hy op ‘n afstand ‘n vyeboom met blare sien, het Hy daarheen gegaan in die hoop om iets daaraan te vind; en toe Hy daarby kom, vind Hy niks as blare nie, want dit was nie die tyd van vye nie. En Jesus spreek en sê vir hom: Laat niemand ooit in der ewigheid van jou ‘n vrug eet nie! En sy dissipels het dit gehoor...En toe hulle vroeg in die môre verbygaan, sien hulle die vyeboom, verdroog van die wortels af. En Petrus het onthou en vir Hom gesê: Rabbi, kyk, die vyeboom wat U vervloek het, is verdroog.
(Mark 11:12-21)

 HERE, stel ‘n wag voor my mond, bewaar die deur van my lippe.
(Ps 141:3)

As iemand onder julle meen dat hy godsdienstig is en sy tong nie in toom hou nie, maar sy hart mislei, die godsdiens van hierdie man is tevergeefs.
(Jak 1:26)

Laat daar geen vuil woord uit julle mond uitgaan nie, maar net ‘n woord wat goed is vir die nodige stigting, sodat dit genade kan gee aan die wat dit hoor.
(Ef 4:29)

Share to: