1. EachPod

Ep.29 (17.04.24) - (Afr.) - Moenie sweer nie, sodat jy nie onder 'n oordeel val nie.

Author
tiaan gildenhuys
Published
Wed 17 Apr 2024
Episode Link
None

Verder het julle gehoor dat aan die mense van die ou tyd gesê is: Jy mag nie vals sweer nie, maar jy moet jou ede aan die Here hou. Maar Ek sê vir julle: Sweer hoegenaamd nie—nie by die hemel nie, omdat dit die troon van God is; ook nie by die aarde nie, omdat dit die voetbank van sy voete is; ook nie by Jerusalem nie, omdat dit die stad is van die groot Koning; ook by jou hoof mag jy nie sweer nie, omdat jy nie een haar wit of swart kan maak nie. Maar laat julle woord wees: Ja ja, nee nee. Wat meer as dit is, is uit die Bose. (Mat 5:33-37)

Maar bo alles, my broeders, moenie sweer nie: nie by die hemel nie, ook nie by die aarde nie en ook geen ander eed nie; maar laat julle ja ja wees en julle nee nee, sodat julle nie onder ‘n oordeel val nie.  (Jak. 5:12)

En wat noem julle My: Here, Here! en doen nie wat Ek sê nie? (Luk. 6:46)

Share to: