1. EachPod

Ep.27 - (Afr.) - Die HERE is barmhartig en genadig oor Sy kinders

Author
tiaan gildenhuys
Published
Wed 14 Apr 2021
Episode Link
None

Psa 103:6  Die HERE doen geregtigheid en reg aan almal wat verdruk word. 
Psa 103:7  Hy het aan Moses sy weë bekend gemaak, aan die kinders van Israel sy dade. 
Psa 103:8  Barmhartig en genadig is die HERE, lankmoedig en groot van goedertierenheid. 
Psa 103:9  Hy sal nie vir altyd twis en nie vir ewig die toorn behou nie. 
Psa 103:10  Hy handel met ons nie na ons sondes en vergeld ons nie na ons ongeregtighede nie. 
Psa 103:11  Want so hoog as die hemel is bo die aarde, so geweldig is sy goedertierenheid oor die wat Hom vrees. 
Psa 103:12  So ver as die ooste verwyderd is van die weste, so ver verwyder Hy ons oortredinge van ons. 
Psa 103:13  Soos ‘n vader hom ontferm oor die kinders, so ontferm die HERE Hom oor die wat Hom vrees. 

Share to: