1. EachPod

Ep.20 - (Afr.) - Die Here sal opstaan vir ons

Author
tiaan gildenhuys
Published
Sun 21 Mar 2021
Episode Link
None

Psa 12:2  Red, o Here, want daar is geen vrome meer nie; want die getroues het verdwyn onder die mensekinders. 
Psa 12:3  Hulle praat leuens, die een met die ander; met vleiende lippe spreek hulle dubbelhartig. 
Psa 12:4  Mag die HERE al die vleiende lippe uitroei, die tong wat grootpraat, 
Psa 12:5  hulle wat sê: Met ons tong is ons sterk; ons lippe is met ons! Wie is heer oor ons? 
Psa 12:6  Oor die verdrukking van die ellendiges, oor die gesug van die behoeftiges sal Ek nou opstaan, sê die HERE; Ek sal hom in veiligheid stel wat daarna smag. 
Psa 12:7  Die woorde van die HERE is rein woorde, silwer wat gelouter is in ‘n smeltkroes in die aarde, gesuiwer sewe maal. 
Psa 12:8  U, o HERE, sal hulle bewaar; U sal ons bewaar van hierdie geslag vir ewig. 

Share to: