Praktiese riglyne wanneer enige stuk in die Bybel bestudeer word.
Vra die volgende vrae:
1. Is daar 'n voorbeeld vir my om te volg?
2. Is daar 'n sonde waarmee ek moet deel/ moet vermy /moet bely?
3. Is daar 'n opdrag vir my om na te kom?
4. Is daar 'n belofte vir my om toe te eien?
5. Wat leer hierdie betrokke stuk my oor die karakter van God of Jesus Christus?
6. Is daar iets dieper vir my om te ondersoek?
7. Is daar iets in die betrokke stuk waaroor ek spesifiek vandag moet bid?