En toe Hy op die Olyfberg gaan sit het, kom die dissipels alleen na Hom en sê: Vertel ons, wanneer sal hierdie dinge wees, en wat is die teken van u koms en van die voleinding van die wêreld? En Jesus antwoord en sê vir hulle: Pas op dat niemand julle mislei nie….En dan sal baie tot struikel gebring word en mekaar verraai en mekaar haat. (Matt. 24:3, 4 +10)
Want dit is geen vyand wat my smaad nie, anders sou ek dit dra; dit is nie my hater wat hom teen my groot maak nie, anders sou ek my vir hom wegsteek; maar jy, ‘n man soos ek, my vriend en my vertroude! Ons wat innig met mekaar omgegaan het, in die huis van God gewandel het met die woelige skare. (Ps. 55:13-15)