Jas 3:13 Wie is wys en verstandig onder julle? Laat hom uit sy goeie lewenswandel sy werke in sagmoedige wysheid toon.
Jas 3:14 Maar as julle bittere afguns en selfsug in julle hart het, moenie roem en lieg teen die waarheid nie.
Jas 3:15 Dít is nie die wysheid wat van bo kom nie, maar is aards, natuurlik, duiwels;
Jas 3:16 want waar afguns en selfsug is, daar is wanorde en allerhande gemene dade.
Jas 3:17 Maar die wysheid van bo is ten eerste rein, dan vredeliewend, vriendelik, geseglik, vol barmhartigheid en goeie vrugte, onpartydig en ongeveins.