Maar julle wat die HERE verlaat, wat my heilige berg vergeet, wat ‘n tafel dek vir die geluksgod en die mengsel inskink vir die godin van die noodlot— Ek sal julle bestem vir die swaard, en julle almal sal buig om geslag te word, omdat Ek geroep maar julle nie geantwoord het nie, Ek gespreek maar julle nie geluister het nie, maar gedoen het wat verkeerd is in my oë en verkies het wat My nie behaag nie. (Jes. 65:11-12)
Jy mag die meerderheid nie volg in verkeerde dinge nie. (Eks. 23:2)