1Jn 5:18 Ons weet dat elkeen wat uit God gebore is, nie sondig nie; maar hy wat uit God gebore is, bewaar homself, en die Bose het geen vat op hom nie.
1Jn 5:19 Ons weet dat ons uit God is en die hele wêreld in die mag van die Bose lê.
1Jn 5:20 En ons weet dat die Seun van God gekom het en ons verstand gegee het om die Waaragtige te ken; en ons is in die Waaragtige, in sy Seun, Jesus Christus. Hy is die waaragtige God en die ewige lewe.
1Jn 5:21 My kinders, bewaar julleself van die afgode. Amen.